News Articles
Frans Jooste, 8 jaar oud, gebore met Downsindroom het op 8 Mei 2010 met sy ponie Nugget aan sy eerste SANEF School League skou deel geneem, te Cornerstone Equestrian Rustenburg. Frans het aan die lead rein dresseer klasse deelgeneem. Hermien Jooste sy ma en dan ook sy afrigter het met ‘n trotse hart gese dat, ek het geweet Frans kan ook op die vlak kom om deel te neem. Frans is amptelik die eerste ruiter met spesiale behoeftes wat aan die school league skoue deelneem in die Noord Wes provinsie.
Frans het hippoterapie gekry vandat hy 1jaar oud was. Omdat downsindroom baba’s met lae spiertones gebore is het dit vir Frans baie gehelp. Frans is ‘n verskriklike sterk knapie wat ‘n ongelooflike regop postuur het, en baie goeie balans. Sy ma Hermien se als is net te danke aan die perdry.
Nugget en Frans het ‘n ongelooflike goeie verhouding. Hermien se sy dink hulle komunikeer op ‘n ander vlak as wat ons doen. Frans gaan in sy stal in, vryf met sy plat bree handjie oor Nugget se maag, en Nugget is net rustig. Frans en Nugget spandeer baie tyd op die grond saam, m.a.w, dis wanneer Frans vir Nugget met ‘n lyband rondly aan sy halter. Hulle hardloop soos twee maats saam, en die oomblik as Frans stop, dan stop Nugget en wag vir die volgende aksie van hulle pret tyd.
Splashworks is die borg van Frans, en Hermien is baie dankbaar vir die borgskap. Met die borgskap maak dit vir Frans moontlik om ook aan die volgende skou deel te neem en dan ook in die toekoms.